Die skeppingsverhaal en reinigingswette van die HERE lê die fondasie vir latere vergrype deur die kerk op miljoene onskuldige vroue. Ongeveer 2 miljoen vroue in Europa is deur die Kerk as hekse gebrandmerk en lewendig op die brandstapel verbrand. Die rede vir hul verdelging was dat hulle in stryd met die HERE se opdrag optree wanneer hulle vroue met geboorte help. Die HERE se opdrag was uitdruklik dat vroue met smart sou baar. Deur die baringsproses te vergemaklik en dood tydens die bevalling te beperk, het die miljoene vroedvroue 'n oordeel van die kerk oor hulself gebring. Hoe bring ons die Kerk se massamoord op onskuldige vroedvroue in verband met Jesus se opdrag, dat hy wat sonder sonde is die eerste klip na die prostituut gooi?
Jesus in die Hagia Sophia
Hierdie mosaiek is in die Hagia Sophia (Heilige Wysheid) in Konstantinopel. Dit is 'n masiewe koepelkerk wat opgedra is aan die Heilige Wysheid van God. Die Heilige Wysheid is deur die vroeë christene as die vroulike sy van God aanbid. Die Wysheid is ook deur Salomo besing. Volgens Salomo was Sy reeds van voor die Skepping by God. Die Rooms Katolieke Kerk het die klem mettertyd van die Wysheid verskuif na Maria, die moeder van Jesus.
Kerkseël
Die maagd verskyn op die eerste kerkseël in die Kaap.Sy staan bekend as Die Hoop.
Eerste Driehoekseël
Die maagd verskyn op die eerste eerste seël in Afrika. Dit is ook die eerste driehoekseël op aarde.
Kaap De Goede Hoop
Die Hoop staan in die eerste wapen in Suid-Afrika by 'n rots met 'n anker in haar hand. Die anker simboliseer geloof. Drie Fleur De Lis (lelies) van die Franse Hugenote vergesel haar. Die lelie is die simbool van Eva, die moeder van die mensdom, se vertrek uit Eden.
Unie van Suid-Afrika
Die Hoop word opgeneem in die wapen van die Unie van Suid-Afrika.
Republiek van Suid Afrika
Sy vorder tot in die Wapen van die Republiek van Suid-Afrika, waarna sy verdwyn. Maar wees verseker. De Hoop beschaam niet!