Oorwinningskruis

Oorwinningskruis
Neem jou kruis op en volg My

Friday, May 25, 2007

Die Sonde van die Dood

Die "kerk" en Satan behaal die o'enskynlike oorwinning, want hulle vermoor die Messias ooreenkomstig hul komplot.

Die moord word voltrek op die instrument van Satan, naamlik die kruis van Golgota. Vroe'er jare het ons na hierdie kruis as die vloekhout verwys. Hierdie vloekhout is die simbool van die dood en van die mag van Satan.

Op die derde dag behaal Jesus die oorwinning oor Satan en die dood. Jesus word deur God uit die dood opgewek en verskyn aan Maria Magdalena. Deur die opstanding is ek saam met Jesus bevry van Satan en die dood. Daarom vind ek my saligheid in die opstanding en nie in die marteling en moord op die Messias nie.

Handelinge 2

23 Hom wat deur 'n bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring.

24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het., omdat dit onmoontlik was dat hy daardeur vasgehou sou word.

Die dood is die sonde wat deur Satan in Genesis ingebring is. Deur sy opstanding het Jesus hierdie sonde gewreek. Die sonde van die dood.

I Korinthiers 15

20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

21 Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom.

22 Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

23 Maar daar is 'n volgorde: die eersteling is Christus, daarna, by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort.

24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koningskap aan God die Vader oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag vernietig het.

25 Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het.

26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Die betekenis van Jesus se oorwinning oor die sonde van die dood word baie mooi in die volgende verse verduidelik.

Hebre'ers 2

14. Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het -- dit is die duiwel --

15. en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Ons is nie van ons ongehoorsaamheid (sonde) bevry nie, maar van die dood. Ek vervolg met die betekenis en implikasie hiervan.

Liefde groete.

Die Ou Man