Oorwinningskruis

Oorwinningskruis
Neem jou kruis op en volg My

Monday, September 10, 2007

Die OnbekendeGod



Ons staan by 'n punt in die geskiedenis waar ons sal moet onderskeid tref tussen die God van hemel en aarde en die God van Abraham. Die God van Abraham is ook bekend as Jahweh vir die Israeliete en Allah vir die Islamiete. In ons Bybels staan hy bekend as die HERE.

Die Ou Testament skop sommer van die staanspoor af met twee teenstrydige skeppingsverhale. Die verhaal van Genesis 1 is die verhaal van God van hemel en aarde.

Die tweede skeppingsverhaal begin in Genesis 2:4. Dit is die verhaal van die HERE God, ook bekend as Jahweh en Allah. Watter van die twee absoluut teenstrydige verhale in Genesis is die ware weergawe en watter een die vervalsing? Ek plaas die gedeelte in my Bybel waar die eerste skeppingsverhaal eindig en die tweede skeppingsverhaal begin.

*************
Let op dat die Skepper van hemel en aarde in die eerste verhaal na hulself as "ons" verwys en die man en vrou, beide na hulle beeld skape. Die Skepper se naam is God. Neem ook kennis dat God die man en vrou seën en geen beperking plaas op wat hulle mag eet nie. In Genesis 1:29 gee die God van hemel en aarde al die plante aan die man en vrou as voedsel.

Die tweede verhaal begin in Genesis 2:4. Dit is die verhaal van die HERE God ook bekend as Jahweh en Allah. Vers 17 van hierdie verhaal bots met God se verhaal, want nou is daar 'n beperking op watter vrugte geëet mag word.

In die verhaal van God is die man en vrou tesame geskape in vers 27, maar in die HERE se verhaal in Genesis 2, is die man eerste geskape en die vrou laaste. Hierdie teenstrydighede is onoorbrugbaar. Maar wees geduldig. Die bedrog eindig nie hier nie.


*************

Neem kennis van die waarskuwing in Genesis 2:17 van die HERE/Jahweh/Allah se verhaal.

maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Let nou op wat die slang van hierdie stelling sê in Genesis 3:4 van die HERE se verhaal.

Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

Adam het 930 jaar oud geword.


*************






Die verhaal van God, wat na Genesis 1:3 deur die verhaal an die HERE/Jahweh/Allah onderbreek is, word voortgesit in Genesis 5. Let op vers 2 wat weereens die aard van die Skepper weergee.

Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

In die verhaal van God lees ons dat Adam seuns en dogters gehad het.

En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.

Die verhaal van die HERE het egter hierdie deel oorgeneem. Daarom is die ware verhaal van Adam en Eva se dogters verwyder. Ons weet reeds dat die HERE 'n god van seuntjies is. Die besnydenes, ens. 'n Vrou is dubbel so lank onrein as sy 'n dogtertjie gebaar het. Ons ken hierdie onsinnige reëls.

*************


Kom ons kyk verder na die teenstrydighede in die verhaal van die HERE.

Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

Die HERE weet nie, of hy gee voor om nie te weet nie. Besluit self. Kain word gedoem tot 'n swerwers bestaan.

Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.

Hoe is dit dan moontlik vir 'n vervloekte ewige swerwer om 'n groot stad te bou?

En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

Die werklike blatante bedrog van die Hebreeuse skrywers kom nog.



*************


Volgens God se verhaal het Adam (mens) 930 jaar oud geword.

So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe.

Maar in die verhaal van die HERE...

Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.


*************


Nou dat ons die twee verhale afsondelik onder oënskou het, kan ons kyk watter van die twee weergawes in die Islamitiese Koran vervat is.

Afdeling 2


Die Duiwel se Vyandskap teen die Mens


19. O Adam, vertoef u en u vrou in die tuin, en eet warvan u wil, maar nader nie hierdie boom nie, anders sal u tot die onregverdiges behoort.

20. Maar die duiwel het hulle slegte ingewinge ingeblaas, naamlik dat hy aan hulle sou openbaar wat hulle verborge swakhede is, en hy het gesê: U Here het u hierdie boom verbied uit vrees dat u engele sal word of dat u onsterflik sal word.

21 En hy het aan hulle altwee gesweer: Ek is vir julle waarlik ‘n opregte raadgewer.

22 So het hy dan hulle ondergang deur bedrog veroorsaak. En toe hulle van die vrugte van die boom geëet het, het hulle skaamte vir hulle duidelik geword, en toe begin albei hulself bedek met die blare van die tuin. En hulle Here het na hulle geroep en gesê: Het ek julle daardie boom nie verbied nie, en het ek julle nie gesê dat die duiwel sekerlik julle openlike vyand is nie?

23 Hulle het geantwoord: Ons Here, ons het onsself onreg aangedoen en as U ons nie vergewe en ons genade betoon nie, sal ons sekerlik verloorders wees.

Uit die Koran.

Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die Koran die weergawe van die HERE se verhaal weergee. Natuurlik sal dit so wees. Die HERE staan onder die Islamiete bekend as Allah en aan die Israeliete as Jahweh.



*************


Die verhaal van die HERE/JahwehAllah beweer die volgende in Genesis 4:26.

En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.

Maar volgens Eksodus 6:2 & 3 is dit nie moontlik nie omdat die naam HERE toe nie bekend was nie. Dit is nou volgens die HERE se eie woorde.

Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

As ons aanvaar dat die HERE sê dat sy naam nie voor Moses bekend was nie, beteken dit dat alle verhale in Genesis onder die naam van die HERE onder verdenking is. Teen hierdie tyd behoort dit duidelik te wees dat die HERE-verhaal in Genesis terugwerkend en valslik met die oorspronklike verhaal van God geplooi is.

Indien die twee verhale as sulks aangebied was, sou daar nie 'n probleem wees nie. Die skrywers het die twee weergawes egter doelbewus as een probeer aanbied. Die doel was om te mislei.



*************


Wie ookal gedink het dat "cut & paste" in die 20 ste eeu ontdek is, moet van die volgende bladsy probeer sin maak. Hier het ons te make met die vervlegting van twee verhale. Die oorspronklike verhaal van God en die latere verhaal van die HERE/Jahweh/Allah se skrywers. Kyk nou objektief hierna en oortuig jouself dat dit nie twee verhale is wat op bedrieglike wyse vervleg is nie.





*************



Volgens die HERE/Jahweh/Allah se verhaal gaan 14 voëls en rein diere op die ark. Volgens God se verhaal slegs 2 van elk. Hoekom soveel meer in die HERE se verhaal. Die HERE hou van die reuk van vleis wat brand. Die ekstra diere gaan vir die offerande.

In teenstelling met die HERE, is God is nie 'n God van offerande nie, daarom is twee van elke spesie genoeg. Hoe kon Noag onderskei tussen rein en onrein diere. Hy kon nie want daardie onderskeidende reëls is eers in Levitikus 11 aan Moses en Aäron gegee. Dit is dus duidelik dat die HERE se verhaal terugwerkend ingevleg is.



*************



Die vloedverhaal van God vorder in Genesis 8:5 tot in die tiende maand. Die ark het reeds op die Ararat gestrand en die bergtoppe is sigbaar. Hiervandaan gaan die ark nie verder beweeg nie. Noag-hulle kan maar uitklim. Daar is geen nodigheid om 'n kraai en duiwe te stuur om droë grond te soek nie.

Maar o weë, in die volgende vers is ons terug by dag 40. Hoe nou? Die HERE se verhaal is in die volgende vers ingevoeg en daarom is ons weer terug by die veertigste dag. Die HERE se verhaal vorder tot vers 13 wanneer die aarde droog is in die 601 ste jaar. Hierdie verhaal onderbreek homself telke male om van die een weergawe na die volgende te spring. Vanaf vers 14 tot vers 22 is daar vers vir vers, om die beurt, uit die twee verhale "gespoeg en plak". Vers 20, 21 en 22 behoort aan die HERE. Hier word die eksta diere waarvoor die HERE se verhaal voorsiening maak, geoffer. "En die HERE het die lieflike geur geruik."

In die weergawe van God is geen offerande ter sprake nie. Dit is in ooreenstemming met Jesus se waarskuwing in Matthéüs 12:7.

Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie.




*************



Kom ons volg die twee Genesis verhale verder. Die verhaal van God en die latere verhaal van die HERE/Jahweh/Allah.




In die verhaal van God word 'n verbond met mens en dier gesluit.

Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag ná julle, en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle--al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.

God is 'n God van die totale skepping. Mens en dier. Dit is ook opvallend dat die vrou, anders as in die HERE se verhaal, nie ‘n minderwaardige rol speel nie. Man en vrou is beide na God se beeld geskape.



*************


Die HERE se verbond is net met Abraham en sy nageslag, die Israeliete en Arabiere gesluit. Ons kan seker daarvoor vergewe word, as ons vermoed dat die HERE se verbond die vroulike geslag uitsluit. Die HERE is nou maar een maal meer partydig wanneer dit by seuntjies kom. 'n Moeder is dubbel so lank onrein as sy geboorte sou skenk aan 'n dogtertjie.

Levítikus 12. 1

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.

3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

4 Dan moet sy drie-en-dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

5 Maar as sy 'n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die reinigingsbloed bly.

Ek sal seker ook vergewe word as ek die HERE as 'n onlogiese wese beskou. Dit natuurlik mits wat die Hebreeuse skrywers van hom skryf, die waarheid is.



*************


Wat is die God van Genesis se opdrag aangaande wat ons mag eet? Ons vind die antwoord in Genesis 9:3.

Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.

In die verhaal van God is daar geen sprake van rein en onrein diere nie. Ek mag net nie bloed eet nie.

Wat sê die HERE/Jahweh/Allah se skrywers in Levítikus 11?

En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.

3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou--dit mag julle eet.

4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie--onrein is hy vir julle; 5 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie--onrein is hy vir julle;

6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie--onrein is hy vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie--onrein is hy vir julle.

En so volg 'n ellelange lys wat wat onrein en 'n gruwel is.

Sover bots die voorskrifte van die HERE/Jahweh/Allah lynreg met die God van hemel en aarde se voorskrifte.



*************


Wat is God se opdrag ten opsigte van moord?

Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

God se opdrag is ondubbelsinnig. En weereens word ons herinner dat ons na die beeld van God gemaak is. Let wel, ons is nie na die beeld van die HERE/Jahweh/Allah gemaak nie.

Wat is die HERE/Jahweh/Allah se opdrag.

Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.

Numerie 31 17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met 'n man gehad het. 18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.


Hoe rym die HERE se bevele om mans, vroue, kinders en babas te vermoor met God se opdrag?
Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.



*************


Dit is interessant om daarop te let dat Jesus se leringe in harmonie is met God se opdragte is, maar lynreg bots met die jaloerse HERE/Jahweh/Allah se rituele. Lees gerus Genesis van voor af deur. Let dan op waar die verhaal van God onderbreek word deur die latere verhaal van die HERE. Op verskeie plekke is die oorgang ooglopend, maar op ander plekke is dit meer subtiel. Let ook op die teenstrydighede tussen die twee verhale. Die eerste wat opval is die duplikasie. Dit is duidelik dat die skrywer van die HERE se weergawe in besit moes wees van die oorspronklike verhaal van God.

Met hierdie bedrog in gedagte is dit nou duidelik waarom die Engel ons moet kom reghelp in Openbaring 14:6 & 7.

En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.


Let op hoe hierdie opdrag rym met die God van hemel en aarde en weereens bots met die opdrag van die HERE van die Israeliete. In teenstelling met die HERE/Jahweh/Allah wat net die nageslag van Abraham by sy verbond insluit, het die Ewige Evangelie van God betrekking op "alle nasies en stamme en tale en volke".

Die opdrag is uitdruklik. Ons moet terugkeer na die God van hemel en aarde. Die God van hemel en aarde is verwys na hulself as "Ons" en het die man en vrou na hulle beeld geskape. Die God van hemel en aarde is ons goddelike Ouers.



*************


Die vervalsing is ooglopend as mens dit eers raakgesien het. Maar wat wou die Hebreeuse skrywers daardeur bereik? Die doel was om hul God, die HERE/Jahweh/Allah se status terugwerkend te verhoog tot die God van hemel en aarde. Hier is 'n voorbeeld waar 'n ou geskrif terugwerkend vervals is, deur die naam YHWH in te voeg.




Isaiah Dead Sea scroll written in Babylonian Aramaic and shows the interpolation of the tetragrammaton written in the ancient paleo-Hebrew script into a blank space in the original document. This shows us that where the sacred name should have existed or was in the ancient text, blanks were created to insert the false name. Inserting the tetragrammaton into these blanks has been at a 2,800 year old mystery. Who did it and upon what authority?

Die tetragrammaton waarna verwys word, is YHWH, die naam van die HERE/Jahweh?Allah.



*************


Kom ons ondersoek weer die gedeelte op die volgende bladsy. Let nou op Genesis 9:26. Hier lê ons antwoord. Die verhaal van God en die verhaal van die HERE kom bymekaar uit in Genesis 9:26.






Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees. Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

Nou kan ons duidelik onderskei.


God is die God van Jafet.


Die HERE is die God van Sem.


Na die vloed, volg die geskrifte wat in die Bybel vervat is die lyn van Sem, naamlik die Semiete waaruit die Israeliete, Arabiere en ander Midde-Oosterse nasies afstam. Terselfdertyd is dit dan ook die verhaal van die HERE/Jahweh/Allah. Die verhaal van Jafet loop hier dood, want hy en sy seuns en kleinseuns trek na Europa. Uit hulle ontstaan die Europese nasies.

Genesis 9

2 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3 En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. 4 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete

5 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

Na die vertrek van ons Europese voorsate, het die HERE/Jahweh/Allah die verbond met Abraham en sy Semietiese nageslag gesluit en onderneem om vir hulle 'n God te wees. So gesê, so gedaan. Dit is dan ook nie vreemd dat daar, na die vertrek van Jafet, na die HERE as God verwys word nie. Ek stam uit Jafet af, dus het ek geen verbond met die HERE nie. My verbond is met God van heel en aarde en die teken daarvan is die reënboog met sy sewe kleure.

Wie ore het om te hoor.


*************


Van die vroegste eeue is die wêreld in drie dele verdeel. Dit was ooreenkomstig die Bybel en die seuns van Noag. Europa het aanvaar dat sy volkere van Jafet afstam.


Traditionally, Japheth was understood to have been the progenitor of the peoples of Europe. Thus "Japhetic" came to be used as a synonym for Europeans.

In Medieval Europe the world was understood to have been divided into three large-scale racial groupings. In addition to the Japhetic peoples of Europe, the Semitic peoples were equated with all Asians, and Hamitic peoples with Africans.

The link between Japheth and the Europeans is reflected in Genesis 10:5, which states that the sons of Japheth moved to the "isles of the Gentiles," commonly believed to be the Greek isles, while others claim them to be the British Isles.

In the Bible, Japheth is ascribed seven sons: Gomer, Magog, Tiras, Javan, Meshech, Tubal, and Madai. The intended ethnic identity of these 'descendants of Japheth' is not known for certain. However, over history they have been identified by Biblical scholars with historical nations who were deemed to be descendants of Japheth and his sons—a practice dating back at least to the classical encounters of Jew with Hellene, for example in Josephus's Antiquities of the Jews, I.VI.122 (Whiston).

Josephus wrote: Japhet, the son of Noah, had seven sons: they inhabited so, that, beginning at the mountains Taurus and Amanus, they proceeded along Asia, as far as the river Tanais (Don), and along Europe to Cadiz; and settling themselves on the lands which they light upon, which none had inhabited before, they called the nations by their own names. http://en.wikipedia.org/wiki/Japhetic

Die onderstaande primitiewe kaart, wat dateer uit die 8ste eeu, bevestig die aanvaarding onder Europeërs, dat ons van Jafet afstam. Hierdie kaart staan bekend as die T & O Kaart.






A stylised T and O map, depicting Europe as the home of the descendants of Japheth (bottom left). Africa is ascribed to Ham and Asia to Shem


'n Meer moderne weergawe van die verspreiding van volkere na die sondvloed, word in die onderstaande kaart weergegee.





Ons vind dat die Nordiese volke van Europa, reeds teen 1800 vC ‘n groot ekonomiese opbloei beleef het. Dit was ongeveer 4 eeue voordat Moses die Israeliete uit Egipte gelei het en min of meer ‘n duisend jaar voor die verspreiding van die Tien Stamme van Israel.


In Central Europe, the early Bronze Age Unetice culture (1800–1600 BC) includes numerous smaller groups like the Straubingen, Adlerberg and Hatvan cultures. Some very rich burials, such as the one located at Leubingen with grave gifts crafted from gold, point to an increase of social stratification already present in the Unetice culture.

All in all, cemeteries of this period are rare and of small size. The Unetice culture is followed by the middle Bronze Age (1600-1200 BC) Tumulus culture, which is characterised by inhumation burials in tumuli (barrows).

In the eastern Hungarian Körös tributaries, the early Bronze Age first saw the introduction of the Mako culture, followed by the Ottomany and Gyulavarsand cultures.

The late Bronze Age urnfield culture, (1300 BC-700 BC) is characterized by cremation burials. It includes the Lusatian culture in eastern Germany and Poland (1300-500 BC) that continues into the Iron Age. The Central European Bronze Age is followed by the Iron Age Hallstatt culture (700-450 BC).

In northern Germany, Denmark, Sweden and Norway, Bronze Age inhabitants manufactured many distinctive and beautiful artifacts, such as the pairs of lurer horns discovered in Denmark. Some linguists believe that a proto-Indo-European language was probably introduced to the area around 2000 BC, which eventually became the ancestor of the Germanic languages. This would fit with the evolution of the Nordic Bronze Age into the most probably Germanic pre-Roman Iron Age. http://en.wikipedia.org/wiki/Bronze_Age


Die Nebra hemel plaat dateer uit 1600 vC. Dit was min of meer gedeurende die tyd dat die Israeliete slawe in Egipte was.




The Nebra sky disk is a bronze disk of around 30 cm diameter, patinated blue-green and inlaid with gold symbols. These are interpreted generally as a sun or full moon, a lunar crescent, and stars (including a cluster interpreted as the Pleiades). Two golden arcs along the sides, marking the angle between the solstices, were added later. A final addition was another arc at the bottom surrounded with multiple strokes (of uncertain meaning, variously interpreted as Solar Barge with many oars, as Milky Way or as Rainbow). The disk is attributed to a site near Nebra, Saxony-Anhalt in Germany, and associatively dated to c. 1600 BC. It has been associated with the Bronze Age Unetice culture.


Die onderstaande is voorbeelde van Bronsera wapens en ornamente wat reeds opgegrawe is. Dit dateer ook uit die tydperk toe die arme Israeliete in Egipte was.



The Nordic Bronze Age (also Northern Bronze Age) is the name given by Oscar Montelius to a period and a Bronze Age culture in Scandinavian pre-history, ca 1800 BC - 500 BC, with sites that reached as far east as Estonia. It is generally considered to be the direct predecessor and origin of Germanic culture. It succeeded the Corded Ware culture and others to evolve into the Proto-Germanic culture of the Pre-Roman Iron Age. The language that the bearers of this culture probably spoke is referred to as (pre-)Proto-Germanic. http://www.answers.com/topic/nordic-bronze-age

Wat was die religu van ons Europese voorsate gedurende die tyd dat die nasate van Sem slawe in Egipte was? Hieronder is die "sun chariot".



The Trundholm sun chariot pulled by a horse is believed to be a sculpture illustrating an important part of Nordic Bronze Age mythology.

Die Europeërs het ook 'n twee-eenheid god aanbid.

A pair of twin gods are believed to have been worshipped, and is reflected in a duality in all things sacred: where sacrificial artifacts have been buried they are often found in pairs.


A female or mother goddess is believed to have been widely worshipped (see Nerthus). Sacrifices (animals, weapons, jewelry and men) have been connected to water and small lakes or ponds have often been used as holy places for sacrifice and many artifacts have been found in such locations. Hieros gamos rites may have been common. Ritual instruments such as bronze lurs have been found sacrificed and are believed to have been used in ceremonies. www.answers.com/topic/nordic-bronze-age

In die meeste vroeë godsdienste van die Europese volke, is die Moeder van die mensdom, naamlik Eva, vergoddelik en aanbid.


*************


Was die Israeliete daarvan bewus dat hulle HERE nie die Allerhoogste is nie. Natuurlik het hulle geweet. Dit word duidelk gestel in die Lied van Moses in Deuteronomium 32.

7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.

8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.

9 Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.


Toe die Allerhoogste die nasies geskei het, het die HERE 'n afgemete deel ontvang. Daardie deel is die Israeliete. Die Israeliete was dus terdeë daarvan bewus dat hul HERE slegs die god van 'n afgemete deel is.

Hoe het dit dan gebeur dat die HERE vorder van God van 'n afgemete deel tot God van aarde en hemel? Deur die bedrog van die Hebreeuse skrywers. Dit het ek reeds uitgewys.




*************


Die God van hemel en aarde het egter nie verlore gegaan nie. Jesus het na die aarde gekom en al die rituele en gebruike van die HERE tot niet kom maak. Luister aandagtig wanneer Jesus van sy Vader vertel. Kan ons dit in verband bring met die vergeldende jaloerse HERE? Nee beslis nie. Jesus se koms lei ons terug na die God van hemel en aarde. Paulus het hierdie proses voortgesit.

Toe die Semietiese kinders van die HERE beide Jesus en Paulus se leringe verwerp, het Paulus hom na die heidene gewend. Daardie heidene was die afstammelinge van Jafet. Nou gaan ons die volle sirkel voltooi.



*************

Luister nou mooi hoe Paulus sy God beskryf. Hy spreek die Grieke in Athene toe.

Handelinge 17.

22 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.

23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.


Hierdie gedeelte impliseer dat die Onbekende God iewers in die geskiedenis van die Grieke bekend moes wees. Dan gaan Paulus verder en verduidelik dat die Grieke se Onbekende God en die God van hemel en aarde dieselfde God is.


24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.


Hoe word hierdie Onbekende God gedien? Ons weet reeds dat die HERE 'n magdom rituele vereis het.

25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.


En dan koppel Paulus hierdie Onbekende God direk aan die Allerhoogste, wat die grense van die nasies vasgestel het en aan die HERE 'n afgemete deel gegee het. Die naslaan Bybel maak ook hierdie koppeling met Deuteronomium 32:7.

26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,

Paulus verkondig nie die HERE van die Semiete nie. Hy verkondig die Onbekende God. Die God wat vroeër aan die afstammelinge van Jafet bekend moes wees.

Die God van hemel en aarde is vandag weer die Onbekende God.

Wie ore het om te hoor.



*************


Paulus vervolg verder met hierdie belangrike stelling. En dit is presies wat Jesus ook gesê het.

28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Dit is my God. Die God van die Skepping. Die liefdevolle God wat ek in die natuur leer ken het. Nie die jaloerse HERE waarvan die kerk my vertel nie. Maar wat van die tye wat ons die HERE aanbid het in plaas van God? Wat van ons voorouers wat reeds oorlede is? Die Onbekende God waarvan Paulus vertel, is nie die vergeldende en jaloerse HERE nie.

30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,


Handelinge 14 bevestig dit.

15 ...Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

Nou dat ons weet wat die waarheid is, kan ons egter nie langer agter hierdie "klousule" skuil nie.


Luister weer na die opdrag in Openbaring 14:7.


Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.



*************



Ek keer terug na hierdie belangrike gedeelte in Genesis 9:26.


Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem!


Die ruimte wat aan Jafet verskaf is, is selfverduidelikend. Hy het na Europa verhuis en die beknopte Midde-Ooste verlaat.

Mag Jafet woon in die tente van Sem.” Wat beteken dit? Jafet het tog van Sem weggetrek. Uit Sem se bloedlyn, is die Messias gebore. Die Semiete het egter hul eie Messias verwerp en vermoor.

Ironies gebeur dit toe dat Pilatus, uit die nageslag van Jafet op die regterstoel sit. Pilatus vind geen skuld in Jesus nie. In teendeel, dit blyk dat hy die enigste is wat Jesus verstaan. Pilatus se vrou, ook van Jafet se nageslag, stuur dringend 'n boodskap aan haar man om nie deel te hê aan die Semiete se waansinnigheid nie. Pilatus was sy hande.

Uiteindelik is dit die nasate van Jafet, die Europeërs, wat in die tente van Jesus woon. Die Semiete verwerp hom vandag nog. Alhoewel ons van Jafet afstam woon ons in die tente van Sem, deur Jesus wat aan ons die ewige lewe kom gee het.



*************


Ek het reeds genoem dat die vroeë godsdienste van die Europese volke, die Moeder van die aarde, naamlik Eva, vergoddelik en aanbid het. Die Efésiërs was geensins anders nie en Paulus was terdeë bewus van die belangrikheid van hulle godin. Hoe het Paulus hierop gereageer? Paulus was beslis uitgesproke en sou hom teen hierdie gebruik uitgespreek het as hy dit as verkeerd beskou het. Kom ons raadpleeg die Bybel in Handelinge19.

35. Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?

36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedag te doen nie.

37 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.



Paulus en sy geselskap het nie die godin gelaster nie.



*************


Die God waarheen ons moet terugkeer, is grootliks vir ons ook 'n Onbekende God. Daardie God gaan ons nie in die kerk vind nie. Die kerk verkondig die HERE. Ons vind ons God in 'n paar gedeeltes in Genesis, in die woorde van Jesus en in die natuur. Maar bowenal vind jy daardie God binne jouself.

Die herstel van ons godsdiens behels eenvoudig 'n breuk met die HERE en 'n terugkeer na God. Dit is 'n drastiese stap. 'n Godsdiens nuut en vry van bedrog, dogma en menslike reëls. Terug na ons goddelike Ouers.

Die Boer is die eerste volk op aarde om die Onbekende God te herontdek. Die rede daarvoor is dat ons reeds in Jesus se tyd op aarde daarvoor uitverkies is. Vele gaan die pad terug na die Onbekende God weerstaan, maar die damwal sal weldra breek. Wat geprofeteer is, staan vas.

Die dag wanneer die Boer onomwonde en sonder vrees terugkeer na die God van hemel en aarde, is die dag waarop die magtige dreuning gebore gaan word. Nie voor daardie dag nie. Dit is vir my 'n voorreg om die Onbekende God aan my mede-Boere bekend te stel. As jy van Jafet afstam sal jy Hom binne jou erken. Diegene wat van Sem afstam, sal Hom waarskynlik weer verloën.

Liefde groete.


Die Ou Man

Friday, May 25, 2007

Die Sonde van die Dood

Die "kerk" en Satan behaal die o'enskynlike oorwinning, want hulle vermoor die Messias ooreenkomstig hul komplot.

Die moord word voltrek op die instrument van Satan, naamlik die kruis van Golgota. Vroe'er jare het ons na hierdie kruis as die vloekhout verwys. Hierdie vloekhout is die simbool van die dood en van die mag van Satan.

Op die derde dag behaal Jesus die oorwinning oor Satan en die dood. Jesus word deur God uit die dood opgewek en verskyn aan Maria Magdalena. Deur die opstanding is ek saam met Jesus bevry van Satan en die dood. Daarom vind ek my saligheid in die opstanding en nie in die marteling en moord op die Messias nie.

Handelinge 2

23 Hom wat deur 'n bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring.

24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het., omdat dit onmoontlik was dat hy daardeur vasgehou sou word.

Die dood is die sonde wat deur Satan in Genesis ingebring is. Deur sy opstanding het Jesus hierdie sonde gewreek. Die sonde van die dood.

I Korinthiers 15

20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

21 Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom.

22 Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

23 Maar daar is 'n volgorde: die eersteling is Christus, daarna, by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort.

24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koningskap aan God die Vader oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag vernietig het.

25 Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het.

26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Die betekenis van Jesus se oorwinning oor die sonde van die dood word baie mooi in die volgende verse verduidelik.

Hebre'ers 2

14. Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het -- dit is die duiwel --

15. en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Ons is nie van ons ongehoorsaamheid (sonde) bevry nie, maar van die dood. Ek vervolg met die betekenis en implikasie hiervan.

Liefde groete.

Die Ou Man

Die Moord op Christus

Die volgende vers word tot vervelens toe aangebied om ons te oortuig dat God die moord op sy Kind gelas het om sy eie toorn te paai en daardeur die ewige lewe aan ons te gee.

Johannes 3

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Daar staan egter nie dat God sy Kind gee sodat ons Hom moet martel en vermoor nie. Daar staan dat Hy aan ons die ewige lewe wil gee. Hoe kry ek toegang tot die ewige lewe? Jesus verduidelik self.

Johannes 11

26 en elkeen wat lewe en in my glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie.

Johannes 17

3. En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat u gestuur het.

Johannes 3:16 se verwysing daarna dat God sy Seun gestuur het om aan ons die ewige lewe te gee, kan mos nie gesien word as toestemming om sy Kind te vermoor nie. Die Messias se standpunt aangaande offerande is uitdruklik.

Matheus 12

7 Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid h'e en nie offerhande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie.

Jesus was onskuldig. Jesus is veroordeel. Jesus is vermoor.

Jesus s'e dat God barmhartigheid soek en nie offers (moord) nie. Die Messias het ook uitdruklik verklaar dat sy Vader nie die Moord op Hom gelas het, of goedgekeur het nie.

Mattheus 21

37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.

38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?

41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense--hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

Dit is 'n infame en lasterlike leuen dat God die moord op sy Kind gelas het. In die bostaande gedeelte stel Jesus dit uitdruklik dat God nie deel van die moordkomplot was nie. Wie het die moord beplan?

Johannes 11.

45 En baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.

46 Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.

47 En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen?--want hierdie man doen baie tekens.

48 As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.

49 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie

50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.

51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe.

52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot 'n eenheid saam te voeg.

53 Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.

Die moord is op 'n "kerkraadsvergadering" beplan. Kajafas misbruik sy posisie om 'n vals profesie uit te vaardig dat een man vir die volk sou sterf. Daardie een wat vir baie moes sterf is Jesus. Wie was nog betrokke by hierdie bose plan om Jesus te vermoor?

Johannes13.

2 En gedurende die maaltyd--die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai--

Wie anders as Satan self? Die moord is beplan en uitgevoer deur die "kerk" en Satan. Dit is 'n bose daad waarby God nie aandadig is nie. Die moordenaars kom met die idee vorendag om aan die volk te "profeteer" dat een man, naamlik Jesus, vir hulle sal sterf. En so is hierdie moord komplot tot die laaste letter uitgevoer.

Johannes 18

12 EN die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;

13 en hulle het Hom weggelei, eers na Annas; want Hy was die skoonvader van Kájafas wat daardie jaar hoëpriester was.

14 En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.

Hierdie leuen wat 2 000 jaar gelede op 'n "kerkraadsvergadering" uitgedink is, word vandag nog deur die kerk in stand gehou. Maar die einde daarvan is in sig.

Ek vind nie my saligheid in 'n bose plan van Satan nie.

Ek het nie die bloed van die Messias aan my hande nie.

Liefde groete.

Die Ou Man

Wednesday, February 7, 2007

Ons Nuwe Godsdiens

Die Evangelie van die Lewe.



Vir tweeduisend jaar word aan ons voorgehou dat ons saligheid te vinde is in die marteling en moord op die Messias.

Johannes 13
2 En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—
27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus se vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.


Die Satan het die moord op die Messias beplan. Daar word van my verwag word om my saligheid in ‘n bose daad van Satan te soek en te vind? Dit is mos ‘n evangelie van die dood. Dit kan mos nie die boodskap wees wat die Messias gebring het nie.
Jesus werp meer duidelikheid in sy gebed aan die Vader.

Johannes 17
1 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gese: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik—
2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom
gegee het, die ewige lewe kan gee.
3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus
Christus wat U gestuur het.
4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen,
het Ek volbring.


Die Messias het sy werk afgehandel voor die moord. Hy het dit reeds volbring. Wat was die doel van die opstanding dan?

Hebreërs 2
14. Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig
15 en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.


Deur die opstanding het die Messias die dood, en daarmee vir Satan oorwin. Wie moet hierdie feite regstel? Het die Messias ‘n volk in gedagte gehad?

Tweeduisend jaar gelede het die Messias ‘n boodskap gerig aan ‘n spesifieke adres. Daardie boodskap is versteek in ‘n gelykenis, op so ‘n wyse dat die geadresseerde dit sou verstaan.
Kan ons egter aanvaar dat Jesus sekere boodskappe versteek, sodat dit slegs deur ‘n bepaalde groep verstaan sou word?

Matthéüs 13
10 Die dissipels het vir Jesus kom vra: Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?
11 Hy het hulle geantwoord: Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.


Hierdie geheime waarna die Messias verwys, het betrekking op die koninkryk van die hemel

Gelykenis van die Verborge Skat

Matthéüs 13
44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in ‘n saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

Die Messias het in sy boodskap, 'n skat versteek, sodat net diegene wat sy Vader waardig is, dit sal verstaan. Daardie skat is die koninkryk van die hemele. Om daardie skat te ontdek, is dit nodig om vaardig te wees in die taal van die boer. Want die leidrade is deur die Messias gegee in die taal van die boer en die boodskap is geadresseer aan die boer.

Die gelykenis van die boere en die wingerd

Matthéüs 21
33 Luister na nog 'n gelykenis, het Jesus gese. Daar was 'n grondbesitter wat 'n wingerd geplant en 'n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en op reis gegaan.
34 Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuur om sy deel van die oes te gaan haal.
35 Maar die boere het sy slawe gevang, die een geslaan, en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig.
36 Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak.
37 Heel laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien.

38 Maar toe die boere die seun sien, se hulle vir mekaar: "Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis."
39 Hulle het hom toe gegryp en hom uit die wingerd uitgegooi en doodgemaak.
40 As die eienaar van die wingerd terugkom, wat sal hy met daardie boere doen?
41 Hulle antwoord Hom: Hy sal daardie slegte mense 'n vreeslike dood laat sterwe en die wingerd aan ander boere verhuur wat hom op die regte tyd sy deel van die oes sal gee.
42 Toe se Jesus vir hulle: Julle het tog al in die Skrif gelees: Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë.
43 Daarom se Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.
44 Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.
45 Toe die priesterhoofde en die Fariseërs Jesus se gelykenisse hoor, het hulle besef dat Hy op hulle sinspeel.
46 Daarom wou hulle Hom gevange neem, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom as 'n profeet beskou het.


In hierdie gelykenis verduidelik die Messias sy eie situasie en die doel waarvoor die Vader hom gestuur het. Daar word tussen twee groepe onderskei. Diegene wat betrokke was by die moord; en diegene wat nie die seun se bloed aan hulle hande het nie.

Die moordenaars se lot word soos volg deur die dissipels verduidelik:


Hulle sal ‘n vreeslike dood sterf.


Hulle verbeur die wingerd.

Jesus verklaar dat die koninkryk van God van hulle weggeneem sal word.
Die dissipels se verder dat die wingerd aan "ander boere" verhuur sal word, wat hom die vrugte op die regte tyd gee. Jesus verwys uitdruklik na hierdie "ander boere" as ‘n volk, wanneer Hy se: "Daarom se Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.

Het die volk, waarna die Messias verwys, op ons betrekking? Het ons die reg om aan te meld om die wingerd oor te neem?

Ons vind ons antwoord by Siener van Rensburg. Siener het ‘n visioen gesien wat aansluit by die "gelykenis van die boere en die wingerd".

394. 10 Januarie 1926 -

Die Wingerd loot meen geloof.

Le 'n tros rijp druiwe langs 'n sloot en een wit diamant kom in gesig.
In 1906 het ek 'n wingerd loot van Wes zien oor kom en aan die loot het die tros druiwe gehang.


Toe hoor ek 'n stem tot mij seh dat ek van water en brood zal lewe tot ek van die vruch zal geeët het. Toe Kom 'n vrouw mens uit met 'n groot tros druiwe uit in haar hand voor mij.

Siener se visioen verwys na ons geloof. Water en brood sal ons eet, totdat ons van die druiwe eet wat die vrou in haar hand hou.

Wat se die Messias?

Matteus 26
29 Maar Ek se vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op die dag wanneer Ek dit met julle sal nuut drink in die koninkryk van my Vader.

Die vraag is nou. Is ons gereed om die wingerd oor te neem? Is ons daardie volk waarna die Messias verwys? Is dit saam met die Boér wat die Messias nuut sal drink? Hoe lyk daardie volk?

Daardie volk;

het nie die bloed van die Messias op sy hande nie,

vind nie sy vergifnis en saligheid in die marteling en moord op die Messias nie,

vind wel sy saligheid in die boodskap van Jesus en in sy opstanding uit die dood.

As ek die boodskap van die Messias verstaan en nie Sy bloed aan my hande het nie, is ek geregtig om aanspraak te maak op die wingerd. Dit is die evangelie van die lewe. Die gelykenis van die Boere en die wingerd is vir ons geskrywe. Ons staan vandag met ‘n sleutel in ons hande. Die Boere wat hierdie boodskap verstaan, sluit die tweeduisend jaar lange hoofstuk van die evangelie van die dood af en verkondig die evangelie van die lewe.

Jesus verkondig:
Daarom se Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal lewer.

Is jy deel van hierdie volk?

Dit is tyd dat ons ‘n ondubbelsinnige keuse uitoefen!

Liefde groete.

Die Ou Man



Bronnelys
Die Bybel, 1953 uitgawe. Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die Bybel, 1983 uitgawe. Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Snyman Adriaan, Siener van Rensburg, Boodskapper van God 2001


****